1 In daardie tyd het Jesus en sy dissipels op ’n Sabbatdag deur ’n koringland geloop. Sy dissipels het honger geword en hulle het begin om koring-are te pluk en die koringkorrels te eet.
2 Toe die Fariseërs dit sien, sê hulle vir Jesus: “Kyk, jou dissipels doen iets wat ’n mens nie op die Sabbatdag mag doen nie.”
3 Jesus het vir hulle gesê: “Het julle gelees wat Dawid gedoen het toe hy en sy manne honger was?
4 Dawid het in die tempel ingegaan en hy het die brood geëet wat op die tafel was. Hy mag nie van daardie brood geëet het nie en die manne wat saam met hom was, mag ook nie daarvan geëet het nie. Net die priesters mag daardie brood eet.
5 Julle weet ook dat die Wette van Moses sê dat die priesters op die Sabbatdag in die tempel moet werk. Breek hulle dan die wette oor die Sabbatdag? Ja, maar God sê die priesters doen nie verkeerd as hulle op die Sabbatdag werk nie.