47 Een van die mense sê toe vir Jesus: “Kyk, jou ma en jou broers is daar buite, hulle wil met jou praat.”
48 Maar Jesus het vir hom gevra: “Wie is my ma en wie is my broers?”
49 Jesus wys toe met sy hand na sy dissipels en Hy sê:
50 “Hierdie mense is my ma en my broers. Elkeen wat doen wat my Vader in die hemel wil hê, daardie persoon is my broer of my suster of my ma.”