46 Toe hy ’n baie duur pêrel sien, het hy alles verkoop wat hy gehad het en toe het hy die pêrel gaan koop.”
47 “Waar God wat in die hemel is, Koning is, is dit ook soos wanneer vissermanne ’n visnet in die see gooi, en hulle vang baie soorte visse.
48 Wanneer die visnet vol visse is, dan trek die vissermanne dit uit die see tot op die sand. Dan gaan sit hulle en gooi die goeie visse bymekaar in bakke, maar hulle gooi die visse weg wat hulle nie kan eet nie.
49 Dit sal dieselfde wees wanneer die einde van die wêreld kom. Die engele sal kom en hulle sal al die slegte mense wegvat, weg van die mense wat gehoorsaam is aan die wette van die Here.
50 En die engele sal dan al die slegte mense in die vuur gooi. Daar in die vuur sal hulle huil en hard op hulle tande byt van pyn.”
51 Jesus vra toe vir sy dissipels: “Verstaan julle al hierdie dinge?”Hulle sê vir Hom: “Ja.”
52 Toe sê Jesus vir hulle: “Elke skrifgeleerde wat ’n dissipel word van God, die Koning wat in die hemel is, is soos iemand wat ’n huis het en wat nuwe goed en ook ou goed uithaal uit sy stoorkamer wanneer hy dit nodig het.”