5 Herodes wou toe vir Johannes laat doodmaak, maar hy was bang vir die mense, omdat hulle gedink het Johannes is ’n profeet.
6 Op Herodes se verjaarsdag het die dogter van Herodias tussen al die mense gedans. Dit was vir Herodes baie mooi,
7 daarom het hy belowe om vir haar enige iets te gee wat sy vra.
8 Haar ma het vir haar gesê wat sy moet vra, en daarom het sy gesê: “Bring vir my die kop van Johannes die Doper hier in ’n skottel.”
9 Die koning het baie hartseer geword, maar hy het dit vir haar belowe en al die mense wat saam geëet het, het dit gehoor. Daarom het hy gesê sy soldate moet doen wat sy gevra het.
10 Hy het soldate gestuur om Johannes die Doper se kop in die tronk af te kap.
11 Die soldate het sy kop in ’n skottel gebring en hulle het dit vir die meisie gegee, en sy het dit vir haar ma gegee.