1 Daar kom toe Fariseërs en skrifgeleerdes van Jerusalem na Jesus toe en hulle vra vir Hom:
2 “Hoekom is jou dissipels ongehoorsaam en doen hulle nie wat ons voorouers altyd gedoen het nie? Jou dissipels was nie hulle hande wanneer hulle gaan eet nie.”
3 Jesus het vir hulle gesê: “Hoekom is julle ongehoorsaam en doen julle nie wat Gód gesê het nie? Maar julle hou aan om te doen wat mense sê.
4 God het gesê: ‘Jy moet jou ouers respekteer.’ Hy het ook gesê: ‘As iemand sy pa of sy ma vervloek, dan moet hy sterf. Dit is seker!’