13 Jesus sê toe vir hulle: “My Vader wat in die hemel is, sal elke plant uittrek wat Hy nie geplant het nie.
14 Moenie luister na wat die Fariseërs sê nie. Hulle is soos blinde mense wat vir ander blindes wil wys waar hulle moet loop. Wanneer een blinde vir ’n ander blinde wil wys waar hy moet loop, dan sal hulle altwee in ’n watersloot val.”
15 Petrus vra toe vir Jesus: “Verduidelik asseblief vir ons wat die gelykenis beteken.”
16 Jesus het vir hom gesê: “Julle is my dissipels, maar ook júlle verstaan dit nou nog nie.
17 Julle weet dat die kos wat in ’n mens se mond ingaan, na sy maag gaan en dan weer uit sy liggaam uitgaan.
18 Maar die woorde wat uit ’n mens se mond kom, kom uit sy hart. Dit is hierdie dinge wat ’n mens onrein maak.
19 Want die slegte dinge wat ’n mens dink, kom van binne, uit ’n mens se hart. Dit is daardie slegte gedagtes wat hom sonde laat doen, soos om mense te vermoor, of egbreuk te pleeg, of seks te hê met iemand met wie jy nie mag nie, of te steel of te lieg of sleg te praat van ander mense.