10 En onthou julle die sewe brode vir die 4 000 mense, en hoeveel groot mandjies vol julle opgetel het?
11 Hoekom verstaan julle nie? Ek het nie oor brood met julle gepraat nie, nee, julle moet oppas vir die suurdeeg van die Sadduseërs en die Fariseërs.”
12 Toe het hulle verstaan dat Jesus nie gepraat het oor die suurdeeg wat in brood gebruik word nie, maar dat Hy gesê het hulle moet oppas vir die dinge wat die Fariseërs en Sadduseërs vir die mense leer.
13 Jesus het na plekke naby die stad Sesarea-Filippi gegaan. Hy vra toe vir sy dissipels: “Wat sê die mense, wie is Ek, die Seun van die mens?”
14 Die dissipels sê toe: “Party mense sê U is Johannes die Doper, party sê U is Elia, en party sê U is Jeremia of een van die profete.”
15 Jesus het vir hulle gevra: “Maar julle, wat sê julle? Wie sê julle is Ek?”
16 Simon Petrus het Hom geantwoord: “U is die Christus, die Seun van die God wat lewe.”