15 Jesus het vir hulle gevra: “Maar julle, wat sê julle? Wie sê julle is Ek?”
16 Simon Petrus het Hom geantwoord: “U is die Christus, die Seun van die God wat lewe.”
17 Jesus het geantwoord en vir hom gesê: “Simon seun van Jona, God sal jou seën. Dit is nie ’n mens wat vir jou gehelp het om dit te weet nie, maar my Vader wat in die hemel is.
18 En Ek sê vir jou: Jy is Petrus, die rots, en Ek sal my kerk op hierdie rots bou. Vyande sal my kerk nie oorwin nie, die dood sal dit ook nie doen nie.
19 Ek gee vir jou die sleutels van my huis. Jy sal oopsluit en jy sal toesluit. Jy sal vir mense leer dat God Koning is oor hulle. Almal wat nie by jou die boodskap van God wil leer nie, sal nie in die hemel kom nie, maar almal wat dit leer, sal in die hemel kom.”
20 Toe het Jesus vir sy dissipels gesê hulle mag nie vir ander mense vertel dat Hy die Christus is nie.
21 Van toe af het Jesus vir sy dissipels begin verduidelik dat Hy na Jerusalem moet gaan en dat die familieleiers, die priesterleiers en die skrifgeleerdes baie slegte dinge sal doen aan Hom. Hulle sal Hom doodmaak, maar op die derde dag sal God Hom weer laat lewe.