1 Ná ses dae het Jesus vir Petrus en Jakobus en Jakobus se broer Johannes saam met Hom geneem tot op ’n hoë berg. Daar was nie ander mense by hulle nie.
2 Daar by hulle het Jesus toe skielik anders begin lyk. Sy gesig het soos die son geblink en sy klere het soos lig geskyn.
3 Skielik het Elia en Moses aan hulle verskyn en hulle het met Jesus gestaan en praat.
4 Petrus sê toe vir Jesus: “Here, dit is goed dat ons hier is. As U wil, dan sal ek hier drie tente opslaan, een tent vir U, een tent vir Moses en een tent vir Elia.”
5 Petrus was nog besig om te praat, toe het ’n helder wolk oor hulle gekom. Hulle het gehoor God praat uit die wolk. God het gesê: “Dit is my Seun. Ek is lief vir Hom. Hy maak My bly. Julle moet doen wat Hy sê.”
6 Toe die dissipels dit hoor, het hulle baie bang geword en hulle het met hulle gesig teen die grond gaan lê.