8 Toe die dissipels opkyk, het hulle net vir Jesus gesien, niemand anders nie.
9 Jesus en sy dissipels het van die berg afgekom, en Jesus het vir hulle gesê: “Julle moet vir niemand vertel wat julle gesien het nie. God moet My, die Seun van die mens, eers weer laat lewe, dan mag julle dit vertel.”
10 Die dissipels het vir Jesus gevra: “Hoekom sê die skrifgeleerdes dat Elia moet kom voordat die Messias kom?”
11 Jesus antwoord toe: “Dit is waar, Elia kom eers en hy sal alles gereedmaak.
12 Maar Ek sê vir julle, Elia het al klaar gekom, maar die mense het nie geweet dat dit hy is nie. Hulle het met hom alles gedoen wat hulle wou. So sal hulle ook baie slegte dinge doen aan My, die Seun van die mens.”
13 Toe het die dissipels verstaan dat Jesus aan Johannes die Doper gedink het toe Hy met hulle oor Elia gepraat het.
14 Jesus en sy dissipels het weer by die mense gekom. ’n Man het na Jesus toe gekom en hy het voor Jesus gekniel