25 Die amptenaar kon nie sy skuld betaal nie, en daarom het die koning gesê hulle moet die amptenaar verkoop, en ook sy vrou en sy kinders en alles wat hy gehad het. Hulle moes die geld dan gebruik om sy skuld te betaal.
26 “Die amptenaar het toe gekniel voor die koning en hy het hom gesoebat en gesê: ‘Jy moet asseblief geduldig wees met my. Ek sal alles terugbetaal wat ek vir jou skuld.’
27 Die koning was toe baie jammer vir die amptenaar. Hy het hom laat gaan en hy het gesê dit is nie nodig dat die amptenaar die skuld betaal nie.
28 Toe daardie amptenaar uitgaan, kry hy een van die ander amptenare wat vir hom geld geskuld het, hy het net 100 silwer geldstukke geskuld. Hy gryp hom toe aan die keel en begin om hom te wurg en hy sê: ‘Jy moet betaal wat jy vir my skuld!’
29 Die ander amptenaar val toe op sy knieë voor hom en soebat en sê: ‘Jy moet asseblief geduldig wees met my, ek sal alles terugbetaal wat ek vir jou skuld.’
30 Maar die eerste amptenaar wou nie. Hy het gegaan en hy het die ander amptenaar in die tronk laat gooi. Hy moes daar bly totdat hy die skuld betaal het.
31 Toe die ander amptenare sien wat gebeur het, het hulle baie hartseer geword. Hulle gaan toe en vertel vir die koning alles wat gebeur het.