1 Toe Jesus klaar gepraat het, het Hy weggegaan uit die provinsie Galilea. Hy het oor die Jordaan-rivier gegaan en Hy het toe in die provinsie Judea gekom.
2 Baie mense het saam met Hom gegaan en Hy het hulle daar gesond gemaak.
3 Daar het Fariseërs na Jesus toe gekom. Hulle wou hê Jesus moes iets sê wat vir Hom probleme kan gee. Hulle het vir Hom gevra: “Mag ’n man skei van sy vrou as hy dink sy het iets verkeerd gedoen, dit maak nie saak wat dit is nie?”
4 Jesus het hulle geantwoord: “Julle het gelees dat God wat in die begin alles gemaak het, die mense so gemaak het dat hulle mans en vroue is.
5 God het toe gesê:“Daarom sal ’n man weggaanvan sy pa en sy maen hy sal saam metsy vrou lewe.Hulle twee sal sooseen mens wees.
6 “Daarom is hulle nie meer twee mense nie, maar een. As God ’n man en ’n vrou saamgebind het, dan mag hulle nie skei nie.”
7 Die Fariseërs vra toe vir Jesus: “Maar Moses het ’n wet gemaak dat ’n man vir sy vrou ’n skeibrief moet gee wanneer hy van haar skei. Hoekom het hy dit gedoen?”