10 Jesus se dissipels sê toe vir Hom: “As dit so is met ’n man en ’n vrou wat met mekaar getroud is, dan is dit beter om nie te trou nie.”
11 Maar Jesus antwoord hulle: “Dit is nie al die mense wat kan verstaan wat Ek gesê het nie, net die mense vir wie God help, kan dit verstaan.
12 Daar is mans wat nie kan trou nie omdat hulle so gebore is. Daar is ook mans wat nie kan trou nie omdat ander mense hulle ontman het. En daar is mans wat nie trou nie sodat hulle kan doen wat God wil hê, God, die Koning wat in die hemel is. Elkeen wat dit kan verstaan, moet dit doen.”
13 Toe het die mense kindertjies na Jesus toe gebring sodat Hy sy hande op hulle kon sit en vir hulle kon bid. Maar die dissipels het met hulle geraas.
14 Jesus sê toe vir hulle: “Laat die kinders na My toe kom en moenie hulle keer nie, want God wat in die hemel is, is Koning oor mense soos hulle.”
15 Jesus het sy hande op die kindertjies gesit en Hy het daar weggegaan.
16 Iemand het na Jesus toe gekom en vir Hom gevra: “Meneer, watter goeie ding moet ek doen om die ewige lewe te kry?”