1 Jesus is gebore in die stad Betlehem in die provinsie Judea. Dit was in die tyd toe Herodes koning was. Ná Jesus se geboorte het daar sterrekykers in Jerusalem aangekom.
2 Hulle het vir die mense gevra: “Waar is die Kind wat gebore is en wat koning van die Jode sal word? Ons het sy ster gesien opkom en ons het gekom om voor Hom te kniel en Hom te aanbid.”
3 Toe koning Herodes dit hoor, was hy en al die mense in Jerusalem baie geskok en bekommerd.
4 Koning Herodes het die priesterleiers geroep en ook die skrifgeleerdes. Hulle het ’n vergadering gehou, en koning Herodes het baie vrae vir hulle gevra. Hy wou weet waar die Christus gebore sal word.
5 Hulle het vir hom gesê: “Die Christus sal gebore word in die stad Betlehem in die provinsie Judea, want dit is wat die profeet geskryf het:
6 ‘God het gesê:“ ‘Jy, Betlehem, in die land Juda,jy is een van die belangrikste stedein Juda.Betlehem, daar sal ’n Leierin jou gebore word,en Hy sal vir my volk Israel sorgsoos ’n skaapwagtervir sy skape sorg.’ ”
7 Toe het koning Herodes die sterrekykers laat roep. Hy het gesê hulle moet na hom toe kom maar hulle moet vir niemand daarvan sê nie. Hy het lank met hulle gepraat om presies uit te vind wanneer hulle die eerste maal die ster gesien het.