14 Een van die twaalf dissipels se naam was Judas Iskariot. Hy het na die priesterleiers toe gegaan
15 en gevra: “Wat sal julle vir my gee as ek julle help om Jesus te vang?”Die priesterleiers het toe vir Judas 30 silwer geldstukke betaal.
16 Van toe af het hy ’n plan probeer maak en hy het gewag vir die regte tyd om Jesus te verraai.
17 Op die eerste dag van die Fees van die Ongesuurde Brood, het Jesus se dissipels na Hom toe gekom en vir Hom gevra: “Waar wil U hê moet ons gaan gereedmaak sodat U die Paas-ete kan eet?”
18 Jesus het gesê hulle moet in Jerusalem na ’n man toe gaan en vir hom sê: “Ons Meneer sê: ‘My tyd is naby. Ek en my dissipels wil die Paas-ete in jou huis eet.’ ”
19 Die dissipels het gedoen wat Jesus vir hulle gesê het en hulle het alles gereedgemaak vir die Paas-ete.
20 Toe dit aand geword het, het Jesus saam met die twaalf dissipels by die tafel gesit