5 Judas het toe die geld in die tempel gegooi en hy het weggegaan en homself opgehang.
6 Die priesterleiers het die geld geneem en gesê: “Ons kan dit nie by die tempel se geld sit nie, want dit is bloedgeld.”
7 Hulle het saam planne gemaak, en toe het hulle die geld geneem en hulle het die grond van die pottebakker gekoop sodat hulle vreemdelinge daar kon begrawe.
8 Daarom noem die mense daardie stuk grond vandag nog “Bloedgrond.”
9 So het gebeur wat die profeet Jeremia gesê het: “Hulle het die 30 silwer geldstukke geneem, dit is hoeveel die Israeliete besluit het ek moet kry.
10 En hulle het dit betaal vir die grond van die pottebakker, want dit was wat die Here vir my gesê het.”
11 Jesus het voor die goewerneur Pilatus gestaan. Die goewerneur het vir Jesus gevra: “Is jy die koning van die Jode?”Jesus het vir hom gesê: “Jy sê self Ek is.”