9 So het gebeur wat die profeet Jeremia gesê het: “Hulle het die 30 silwer geldstukke geneem, dit is hoeveel die Israeliete besluit het ek moet kry.
10 En hulle het dit betaal vir die grond van die pottebakker, want dit was wat die Here vir my gesê het.”
11 Jesus het voor die goewerneur Pilatus gestaan. Die goewerneur het vir Jesus gevra: “Is jy die koning van die Jode?”Jesus het vir hom gesê: “Jy sê self Ek is.”
12 Die priesterleiers en die familieleiers het vir Jesus beskuldig, maar Hy het niks geantwoord nie.
13 Pilatus vra toe weer vir Jesus: “Hoor jy al hierdie dinge wat hulle teen jou sê?”
14 Maar Jesus het nie een van die goewerneur se vrae geantwoord nie. En die goewerneur was baie verbaas.
15 Elke jaar wanneer die Jode Paasfees vier, het die goewerneur een gevangene uit die tronk laat uitkom. Die mense het gekies watter gevangene dit moet wees.