1 Die Heilige Gees het daarna vir Jesus na die woestyn geneem sodat die duiwel kon probeer om Jesus verkeerd te laat doen.
2 Jesus het 40 dae en 40 nagte lank niks geëet nie. Hy het toe honger geword.
3 Die duiwel het na Jesus toe gekom en hy het probeer om Jesus verkeerd te laat doen. Die duiwel het vir Jesus gesê: “As Jy die Seun van God is, sê dan vir hierdie klippe hulle moet brode word.”
4 Maar Jesus antwoord hom: “In die Ou Testament is geskryf:“’n Mens lewe nie netvan brood nie.As jy waarlik wil lewe,dan moet jy luisterna elke woord wat God sê.”