10 Jesus het vir die duiwel gesê: “Gaan weg, Satan, want in die Ou Testament is geskryf:“Jy moet jou God die Here aanbiden net vir Hom dien.”
11 Die duiwel het toe weggegaan van Jesus. Daar het engele gekom en hulle het vir Jesus gesorg.
12 Koning Herodes het vir Johannes die Doper laat vang en hy het Johannes in die tronk toegesluit. Toe Jesus dit hoor, het Hy na die provinsie Galilea gegaan.
13 Jesus het weggegaan van die stad Nasaret waar Hy eers gewoon het. Hy het gaan woon in die stad Kapernaum, by die See van Galilea. Kapernaum was in die deel van die land waar die stamme Sebulon en Naftali voorheen gewoon het.
14 Dit het gebeur sodat dit waar kan word wat die profeet Jesaja gesê het:
15 “Land van Sebulon en Naftali,langs die pad na die Seevan Galilea,naby die Jordaan-rivier,Galilea, land van mensewat nie Jode is nie.
16 Julle is die volk wat indie donker lewe,maar julle het ’n groot lig gesien.Julle wat woon in die skaduweevan die dood,julle het gesien dit word lig.”