18 ’n Goeie boom dra nie slegte vrugte nie, en ’n slegte boom dra nie goeie vrugte nie.
19 ’n Mens kap elke boom af wat nie goeie vrugte dra nie, en jy gooi die boom in die vuur.
20 So sal julle weet watter soort mense die vals profete is wanneer julle sien wat hulle doen.”
21 “Dit is nie genoeg as iemand vir My sê: ‘Here, Here’ nie. Hy sal nie daarom by God kan kom nie, by God, die Koning wat in die hemel is. God is my Vader, en mense wat by Hom wil kom, moet doen wat Hy wil hê hulle moet doen.
22 Op die dag van die Here sal baie mense vir My sê: ‘Here, Here, ons het u Naam gebruik om God se boodskap te bring, ons het u Naam gebruik om duiwels uit te jaag uit mense, ons het u Naam gebruik om baie wonderwerke te doen.’
23 “Maar dan sal Ek vir hulle sê: ‘Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle het nie gedoen wat my wette sê nie.’ ”
24 “Elke mens wat weet wat Ek gesê het en wat dit doen, is soos ’n wyse man wat sy huis op ’n rots gebou het.