24 “Elke mens wat weet wat Ek gesê het en wat dit doen, is soos ’n wyse man wat sy huis op ’n rots gebou het.
25 Dit het gereën en die riviere het vol water geword. Die winde het hard gewaai en dit het die huis geruk. Maar die huis het nie omgeval nie, want die man het sy huis op die rots gebou.
26 Maar elkeen wat weet wat Ek sê en wat dit nie doen nie, is soos ’n dwase mens wat sy huis gebou het op sand.
27 Dit het gereën en die riviere het vol water geword. Die wind het hard gewaai en dit het die huis baie geruk. Die huis het omgeval, en daar het niks oorgebly nie.”
28 Toe Jesus klaar gepraat het, was al die mense verbaas oor hoe Hy vir hulle geleer het,
29 want hulle het besef dit kom van God. Jesus het nie vir hulle geleer soos hulle skrifgeleerdes dit gedoen het nie.