20 Terwyl hulle loop, het daar ’n vrou van agter gekom en sy het aan die soom van Jesus se klere geraak. Sy was siek, sy het twaalf jaar lank aangehou bloei.
21 Sy het gedink: As ek net aan Jesus se klere kan raak, dan sal ek gesond word.
22 Jesus het omgedraai en haar gesien. Toe sê Hy vir haar: “Mevrou, moenie bekommerd wees nie. Jy het nou gesond geword, want jy het geglo.”Die vrou het toe dadelik gesond geword.
23 Jesus het by die huis van die Joodse leier gekom. Hy sien toe die mense wat altyd op fluite speel by begrafnisse, en baie mense wat hard huil en treur.
24 Hy sê toe vir hulle: “Gaan weg. Die dogtertjie is nie dood nie, sy slaap net.”Maar die mense het gelag omdat Jesus gesê het sy slaap.
25 Jesus het eers al die mense uitgejaag, en toe het Hy in die dogtertjie se kamer ingegaan. Hy het haar hand geneem, en sy het opgestaan.
26 Die mense het vir almal in daardie deel van die land vertel wat gebeur het.