3 Party van die skrifgeleerdes het gehoor wat Jesus gesê het, en hulle sê toe vir mekaar: “Hierdie man maak of hy self God is.”
4 Maar Jesus het geweet wat hulle dink, en Hy sê toe vir hulle: “Hoekom dink julle hierdie slegte dinge?
5 Is dit die maklikste om vir hierdie verlamde man te sê: ‘Ek vergewe jou sondes,’ of is dit die maklikste om te sê: ‘Staan op en loop’?
6 Maar Ek wil vir julle wys dat Ek, die Seun van die mens, sondes mag vergewe op die aarde.”Jesus sê toe vir die verlamde man: “Staan op, neem jou slaapmat en gaan huis toe.”
7 Die man het opgestaan en hy het huis toe gegaan.
8 Daar was baie mense, en almal het dit gesien. Hulle het bang geword en hulle het God geprys omdat Hy vir mense die krag gee om dit te kan doen.
9 Jesus het verder geloop. Hy sien toe ’n man by ’n tolhek sit. Die man se naam was Matteus. Jesus het vir hom gesê: “Kom saam met My!”Matteus het opgestaan en hy het saam met Jesus gegaan.