30 Hulle oë het gesond geword, en hulle kon sien. Jesus het ernstig met hulle gepraat en gesê: “Julle moenie vir iemand hiervan vertel nie.”
31 Maar toe hulle weggaan van Jesus, het hulle vir almal in daardie deel van die land vertel wat gebeur het.
32 Die twee mans het weggegaan, en toe bring die mense iemand na Jesus toe. Die man kon nie praat nie, hy was stom. Daar was ’n duiwel in hom.
33 Jesus het die duiwel uitgejaag, en toe kon die man praat. Al die mense was baie verbaas en hulle het gesê: “So iets het nog nooit hier by ons, die volk Israel, gebeur nie.”
34 Maar die Fariseërs het gesê: “Dit is die leier van die duiwels wat vir Jesus help om die duiwels uit te jaag.”
35 Jesus het al die stede en dorpe besoek. Hy het aangehou om vir die mense in hulle sinagoges te leer. Hy het vir hulle vertel van die goeie boodskap dat God Koning is oor almal. Hy het ook al die siek mense gesond gemaak.
36 Baie mense het na Jesus toe gekom, en toe Hy al die mense sien, het Hy baie jammer gevoel vir hulle. Hulle het gelyk soos mense wat swaarkry, maar daar was niemand wat hulle kon help nie. Hulle was soos skape wat nie ’n wagter het nie.