1 Die koningin van die land Skeba het gehoor dat die mense oor Salomo en oor die Here praat, en sy het gekom om te hoor of Salomo regtig so baie wysheid het.
2 Sy het na Jerusalem gekom, en daar was baie mense saam met haar, ook kamele wat speserye en baie goud en duur edelstene gedra het. Sy het na Salomo toe gekom en sy het vir hom alles gevra wat sy wou vra.
3 Koning Salomo het geweet hoe om alles te antwoord wat sy gevra het. Daar was nie een vraag wat vir hom te moeilik was nie.
4 Toe die koningin van Skeba alles hoor wat hy sê en toe sy alles sien, was sy baie verbaas oor Salomo se wysheid. Sy het die tempel gesien wat hy gebou het,