30 Hierdie ding het die volk sonde laat doen. Hulle het saam met die kalfbeeld gegaan tot by Dan.
31 Jerobeam het tempels by die offer-plekke laat bou en hy het priesters gekies en aangestel, die priesters was nie van die Levi-stam nie.
32 Hy het ’n fees op die 15de dag van die agste maand laat vier, soos die fees in Juda. Hy het na die altaar in Bet-El gegaan en hy het offers gebring vir die kalfbeelde wat hy laat maak het. Hy het priesters gekies en aangestel vir die offer-plekke wat hy laat bou het.
33 Op die 15de dag van die agste maand het Jerobeam ’n offer gebring op die altaar wat hy in Bet-El laat bou het. Hy het self besluit dat die mense van Israel daardie dag moet feesvier.