48 Toe Samla sterf, het Saul van die stad Regobot koning geword. Regobot was langs die rivier.
49 Toe Saul sterf, het Baäl-Ganan, die seun van Akbor, koning geword.
50 Nadat Baäl-Ganan gesterf het, het Hadad koning geword. Sy stad se naam was Paï. Hadar se vrou se naam was Mehetabel. Sy was die dogter van Matred en die kleindogter van Me-Sahab.
51 Nadat Hadad gesterf het, het stamhoofde in die land Edom regeer. Die stamhoofde was Timna, Alja, Jetet,
52 Oholibama, Ela, Pinon,
53 Kenas, Teman, Mibsar,
54 Magdiël en Iram. Dit was die stamhoofde in die land Edom.