1 Hier is die name van die manne wat na Dawid toe gekom het in Siklag. Dawid moes toe nog vlug vir Saul seun van Kis. Die manne was by die spesiale manne wat vir Dawid gehelp het wanneer hy oorlog gemaak het.
2 Elke man het ’n pyl en boog gehad en elkeen kon met die regter-hand of met die linker-hand met ’n slingervel gooi en met ’n pyl en boog skiet. Hulle was soos Saul van die Benjamin-stam.
3 Die leier was Agiëser. Joas seun van Semaä van die stad Gibea het ook na Dawid toe gekom, ook Jesiël en Pelet seuns van Asmawet, en ook Beraka en Jehu van die stad Anatot.
4 Jismaja van die stad Gibeon was een van 30 spesiale manne en hy was hulle leier. Jeremia, Joganan en Josabad van die stad Gedera was ook daar,
5 en ook Elusai, Jerimot, Bealja, Semarja, Sefatja van die stad Garif,