8 Van die Gad-stam het daar ook manne na Dawid toe gekom. Dawid was toe in ’n veilige plek in die berge. Dit was spesiale manne wat goed oorlog kon maak, en elkeen het ’n groot skild en ’n spies gehad. Hulle was so kwaai soos leeus en so vinnig soos ribbokke in die berge.
9 Hulle was elf manne. Eser was die leier en Obadja was die onderleier. Die ander manne was Eliab,
10 Mismanna, Jeremia,
11 Attai, Eliël,
12 Joganan, Elsabad,
13 Jeremia en Makbannai.
14 Dit was die mense van die Gad-stam. Hulle was offisiere. Die kleinste van hierdie manne kon 100 manne oorwin, en die grootste man kon 1 000 manne oorwin.