1 Dawid het vir elke leier gevra wat hy dink, vir elke leier van 1 000 manne en vir elke leier van 100 manne.
2 Dawid het toe vir die volksvergadering van Israel gesê: “As julle dink dit is goed en as julle dink ons God die Here wil dit hê, dan moet ons boodskappe stuur na al die Israeliete wat nie hier is nie, ons moet dit stuur na al die kante toe, oral in die land Israel. Hulle moet hier by ons bymekaarkom, en saam met hulle moet ook die priesters kom en die Leviete wat in hulle eie stede woon waar daar weiveld is.
3 Dan moet ons die kis van ons God na ons toe laat terugkom, want in die tyd toe Saul koning was, was ons nie bekommerd oor die kis nie.”
4 Die hele vergadering het gesê dit is goed, hulle moet dit doen, want die hele volk het gedink dit is reg.