6 Van die Merari-familie was daar 200, en hulle leier was Asaja.
7 Van die Gersom-familie was daar 130, en hulle leier was Joël.
8 Van die Elisafan-familie was daar 200, en hulle leier was Semaja.
9 Van die Hebron-familie was daar 80, en hulle leier was Eliël.
10 Van die Ussiël-familie was daar 112, en hulle leier was Amminadab.
11 Dawid het die priesters Sadok en Abjatar geroep en ook vir Uriël, Asaja, Joël, Semaja, Eliël en Amminadab, hulle was Leviete.
12 Hy het vir hulle gesê: “Julle is die hoofde van die Leviete-families. Julle moet julleself en julle families wy en julle moet die kis van die Here, die God van Israel, na die plek bring wat ek daarvoor gereedgemaak het.