6 Die priesters Benaja en Jagasiël moes aanhou om trompette te blaas voor die verbondskis van God.
7 Daardie dag het Dawid die eerste maal vir Asaf en sy familie gesê hulle moet ’n lied sing vir die Here. Die lied se naam was: “Julle moet vir die Here dankie sê.”
8 Die woorde van die lied is:“Julle moet vir die Heredankie sê,julle moet sy Naam sê,julle moet vir al die volke vertelwat Hy gedoen het.
9 Julle moet sing vir Hom,julle moet musiek maak vir Hom,julle moet dink ooral sy wonderwerke.
10 Julle moet Hom prys,Hy is heilig.Almal wat die Here dien,moet wys dat hulle bly is.
11 Julle moet die Here kom dien,Hy is sterk,julle moet altyd naby Homwil bly.
12 Julle moet dinkaan sy wonderwerkewat Hy gedoen het,julle moet dink aan sy tekenstoe Hy sy vyande gestraf het.