1 Dawid het in sy paleis gewoon. Hy sê toe vir die profeet Natan: “Kyk, ék woon in ’n paleis van sederhout, maar die verbondskis van die Here is in ’n tent.”
2 Natan het vir Dawid gesê: “Jy mag alles doen wat jy wil doen, want God is by jou.”
3 Maar daardie nag het Natan gehoor die Here sê vir hom:
4 “Jy moet vir my dienaar Dawid gaan sê dat Ek sê: Dit is nie jý wat vir My die tempel sal bou waar Ek sal woon nie.