17 “En, o God, U het nog meer gedoen. U het ook nog gepraat oor u dienaar se koningshuis wat nog baie lank sal regeer. Here God, U praat met my soos met ’n baie belangrike mens.
18 Wat kan ek, Dawid, nog vir U sê, vir U wat u dienaar so belangrik laat voel? Here, U ken u dienaar.
19 U het besluit om dit vir u dienaar te doen en U het hierdie groot ding gedoen om vir u dienaar hierdie wonderlike dinge te sê.
20 Here, daar is niemand soos U nie. U alleen is God, ons weet nie van ’n ander God nie.
21 En wie is soos u volk Israel? U het net vir húlle gekies uit al die volke op die aarde en U het hulle vrygemaak om u volk te wees. U het groot en wonderlike dinge gedoen toe U ander volke weggejaag het sodat u volk in die land kan woon, u volk wat U vrygemaak het uit Egipte. Daarom ken almal u Naam.
22 U het u volk Israel ’n volk gemaak wat nog lank daar sal wees, want U, Here, het hulle God geword.
23 En nou, Here, U het dinge belowe oor my, u dienaar, en oor my koningshuis. U moet nou daardie dinge waar laat word, dit moet nog lank so wees. U moet doen wat U gesê het.