2 Natan het vir Dawid gesê: “Jy mag alles doen wat jy wil doen, want God is by jou.”
3 Maar daardie nag het Natan gehoor die Here sê vir hom:
4 “Jy moet vir my dienaar Dawid gaan sê dat Ek sê: Dit is nie jý wat vir My die tempel sal bou waar Ek sal woon nie.
5 Ek sê dit, want Ek het nie in ’n tempel gewoon nie, vandat Ek die Israeliete hiernatoe gebring het tot nou toe. Ek het gegaan van een tent na ’n ander tent en na die tempel-tent.
6 Ek het saam met die Israeliete gegaan, maar Ek het nooit gekla by een van die leiers wat Ek gekies en aangestel het om vir my volk Israel ’n herder te wees nie. Ek het nooit gevra dat julle vir My ’n tempel moet bou van sederhout nie.
7 Daarom moet jy vir my dienaar Dawid sê dat Ek, die Here wat oor alles regeer, sê: Dit is Ék wat jóú weggeneem het uit die weiveld by die skape en bokke. Ek het jou daar weggeneem om koning te word oor my volk Israel,
8 en Ék was by jou oral waar jy gegaan het. Ék het al jou vyande laat sterf en Ék het jou so belangrik laat word soos die belangrike konings op die aarde.