22 Segub was die pa van Jaïr. In die land Gilead was daar 23 dorpe wat behoort het aan Jaïr.
23 Die mense van die land Gesur en die land Aram het die dorpe van Jaïr vir hulleself gevat, en ook die dorp Kenat en die klein dorpies daar naby. Dit was 60 dorpe almal saam. Die mense van hierdie dorpe was almal van die nageslag van Makir, die voorvader van die mense van Gilead.
24 Nadat Gesron gesterf het in die stad Kaleb Efrata, het Gesron se vrou Abija nog ’n seun gekry. Dit was Asgur, die voorvader van die mense van Tekoa.
25 Gesron se oudste seun, Jeragmeël, en sy vrou Agija se seuns was Ram, Buna, Oren en Osem.
26 Jeragmeël het nog ’n vrou gehad. Haar naam was Atara, en sy was die ma van Onam.
27 Jeragmeël se oudste seun Ram se seuns was Maäs, Jamin en Eker.
28 Onam se seuns was Sammai en Jada. Sammai se seuns was Nadab en Abisur.