24 Nadat Gesron gesterf het in die stad Kaleb Efrata, het Gesron se vrou Abija nog ’n seun gekry. Dit was Asgur, die voorvader van die mense van Tekoa.
25 Gesron se oudste seun, Jeragmeël, en sy vrou Agija se seuns was Ram, Buna, Oren en Osem.
26 Jeragmeël het nog ’n vrou gehad. Haar naam was Atara, en sy was die ma van Onam.
27 Jeragmeël se oudste seun Ram se seuns was Maäs, Jamin en Eker.
28 Onam se seuns was Sammai en Jada. Sammai se seuns was Nadab en Abisur.
29 Die naam van Abisur se vrou was Abihajil, en hulle was die ouers van Agban en Molid.
30 Nadab se seuns was Seled en Appajim. Seled het nie kinders gehad nie.