5 Toe die Israeliete later weer teen die Filistyne oorlog gemaak het, het Elganan seun van Jaïr vir Lagmi oorwin. Lagmi was ’n broer van Goliat. Goliat het van die stad Gat gekom, en die steel van Lagmi se spies was so dik en so lank soos die balk van ’n weefstoel.
6 Eendag was daar oorlog in die stad Gat. Daar was ’n lang man, hy het ses vingers aan elke hand gehad en ses tone aan elke voet, saam was dit 24 vingers en tone. Hy was ook van die nageslag van die Rafa-mense.
7 Hy het die Israeliete gespot, maar toe het Jonatan seun van Sima broer van Dawid hom oorwin.
8 Dit is die mense van die nageslag van Rafa wat in die stad Gat gebore is. Dawid en sy manne het hulle doodgemaak.