7 Dawid het vir sy seun Salomo gesê: “Ek wou ’n tempel bou vir my God die Here,
8 maar Hy het vir my gesê: ‘Dawid, jy het baie mense doodgemaak en jy het baie oorlog gemaak. Jy mag nie ’n tempel bou vir My nie, want Ek het gesien hoe baie mense jy doodgemaak het op die aarde.
9 Kyk, jy sal ’n seun kry, en hy sal lief wees vir vrede. Ek sal hom laat rus, vyande sal nie oorlog maak teen hom nie. Ja, sy naam sal Salomo wees, en in die tyd wanneer hy koning is, sal Ek dit goed laat gaan in die land Israel, alles sal stil wees.
10 Dit is hý wat die tempel sal bou waar Ek kan woon. Hý sal vir my ’n seun wees en Ek sal vir hom ’n vader wees. Ek sal hom baie lank oor Israel laat regeer.’
11 Daarom, my seun, ek bid dat die Here by jou sal wees en dat dit goed sal gaan met jou, sodat jy die tempel van jou God die Here sal bou, Hy het gesê jý sal dit bou.
12 Ek bid dat die Here jou sal help om dinge te ken en te verstaan, en dat Hy vir jou sal sê hoe jy oor Israel moet regeer. Ek bid dat jy sal doen wat die wette van jou God die Here sê.
13 Dit sal goed gaan met jou as jy kyk dat die Israeliete doen wat die Here gesê het en as hulle doen wat Hy besluit het. Die Here het dit alles vir Moses gesê. My seun, jy moet sterk en dapper wees, jy moenie bang wees nie, jy moenie skrik nie.