1 Dawid het oud geword, en toe sy lewe amper verby was, het hy sy seun Salomo koning gemaak oor Israel.
2 Hy het al die amptenare van Israel, en die priesters en Leviete laat bymekaarkom.
3 Hulle het die Leviete getel, die mans wat 30 jaar en ouer was. Daar was 38 000 Leviete.
4 Van daardie Leviete moes 24 000 die werk in die tempel doen, en 6 000 moes voormanne en regters wees.
5 Daar was 4 000 poortwagte, en 4 000 Leviete moes die Here prys met die musiek-instrumente wat hulle daarvoor gemaak het.
6 Dawid het die Levi-familie in drie groepe verdeel en laat werk. Hulle was die Gerson-familie, die Kehat-familie en die Merari-familie.