20 Miga was die hoof van die Ussiël-familie en Jissija was die onder-hoof.
21 Merari se seuns was Magli en Musi. Magli se seuns was Eleasar en Kis.
22 Toe Eleasar gesterf het, het hy nie seuns gehad nie, hy het net dogters gehad. Die dogters het getrou met mans van die Kis-familie, die mans was hulle eie familie.
23 Musi het drie seuns gehad, hulle name was Magli, Eder en Jeremot.
24 Dit was die Levi-families, die familiehoofde en hulle groepe. Elkeen se naam is in ’n naamlys geskryf. Die Leviete wat 20 jaar en ouer was, moes die werk in die tempel doen.
25 Hulle moes dit doen omdat Dawid gesê het: “Die Here, die God van Israel, het sy volk laat rus en Hy wil altyd in Jerusalem woon.
26 Daarom moet die Leviete nie meer die tempel-tent en al die gereedskap vir die werk daarin dra nie.”