28 Eleasar was die hoof van die Magli-familie, maar hy self het nie seuns gehad nie.
29 Jeragmeël was die hoof van die Kis-familie.
30 Magli, Eder en Jerimot was die hoofde van die Musi-familie. Dit was die Levi-families.
31 Hulle het ook lootjies getrek soos die ander Leviete, die nageslag van Aäron. Koning Dawid, Sadok, Agimelek, en die familiehoofde van die priesters en die Leviete was ook daar. Hulle het lootjies getrek vir al die families, vir die grootmense en vir die kinders.