3 Sadok van die Eleasar-familie en Agimelek van die Itamar-familie het vir Dawid gehelp om die priesters in groepe te verdeel om hulle werk te doen.
4 Toe hulle sien dat daar in die Eleasar-familie meer mans is wat hoofde kan wees as in die Itamar-familie, het hulle die Eleasar-familie verdeel in 16 groepe en die Itamar-familie in ag groepe. Elke groep het ’n familiehoof gehad.
5 Hulle het lootjies getrek om die families te verdeel sodat daar priesterleiers van altwee families kon wees wat vir God in die tempel werk.
6 Die sekretaris was Semaja seun van Netanel. Hy was ’n Leviet en hy het die priesters se name opgeskryf. Hy het elke maal twee familiehoofde vir Eleasar opgeskryf en een familiehoof vir Itamar. Die koning was ook daar, en ook die amptenare, die priester Sadok, Agimelek seun van Abjatar, en die familiehoofde van die priesters en die Leviete.
7 Toe hulle lootjies getrek het, was Jojarib eerste, Jedaja was tweede,
8 Garim derde, Seorim vierde,
9 Malkija vyfde, Mijamin sesde,