6 Die sekretaris was Semaja seun van Netanel. Hy was ’n Leviet en hy het die priesters se name opgeskryf. Hy het elke maal twee familiehoofde vir Eleasar opgeskryf en een familiehoof vir Itamar. Die koning was ook daar, en ook die amptenare, die priester Sadok, Agimelek seun van Abjatar, en die familiehoofde van die priesters en die Leviete.
7 Toe hulle lootjies getrek het, was Jojarib eerste, Jedaja was tweede,
8 Garim derde, Seorim vierde,
9 Malkija vyfde, Mijamin sesde,
10 Kos sewende, Abia agste,
11 Jesua negende, Sekanja tiende,
12 Eljasib elfde, Jakim twaalfde,