12 Daar was planne vir alles waaraan Dawid gedink het: planne vir die oop stukke grond by die tempel, vir al die kamers rondom die tempel, vir die stoorkamers van die tempel en die stoorkamers vir die gewyde goed,
13 vir die kamers van die groepe priesters en Leviete, vir al die werk in die tempel, en vir die kamers vir al die tempel-gereedskap.
14 Dawid het vir Salomo ook gesê hoeveel goud en silwer hulle moet gebruik vir die gereedskap.
15 Hy het gesê hoeveel elke goue lampstaander en sy lampe moet weeg, en hoeveel goud hulle daarvoor moet gebruik, hoeveel elke silwer lampstaander en sy lampe moet weeg, en hoeveel silwer hulle daarvoor moet gebruik. Hy het gesê hoe hulle elke lampstaander moet gebruik.
16 Dawid het vir Salomo gesê hoeveel goud hulle moet gebruik vir die tafels waar die offer-brood moet staan, en hoeveel silwer hulle moet gebruik vir die silwertafels.
17 Dawid het gesê hulle moet skoon goud gebruik vir die vurke, die skottels, die bekers en die goue bakke, en hy het gesê hoeveel goud hulle vir elkeen moet gebruik. Hy het ook gesê hulle moet silwer gebruik vir die silwerbakke, en hy het gesê hoeveel silwer hulle vir elkeen moet gebruik.
18 Hy het gesê die wierook-altaar moet van skoon goud wees, en hy het gesê hoeveel goud hulle moet gebruik. Hy het ’n plan gegee vir die waentjie waarop die goue gerubs moes staan. Die gerubs se vlerke moes oop wees en die vlerke moes die verbondskis van die Here toemaak.