23 Salomo het op die troon van die Here gaan sit om koning te wees ná sy pa Dawid. Dit het goed gegaan met Salomo, en al die Israeliete het gedoen wat hy sê.
24 Al die leiers en die spesiale manne en die prinse het belowe dat hulle gehoorsaam sal wees aan koning Salomo.
25 Die Here het vir Salomo baie belangrik gemaak, al die Israeliete het vir Salomo gerespekteer. Salomo het ’n belangriker koning geword as al die konings wat vóór hom oor Israel regeer het.
26 Dawid seun van Isai was koning van al die Israeliete.
27 Hy was 40 jaar lank koning van die Israeliete. Hy het sewe jaar lank in Hebron regeer en 33 jaar in Jerusalem.
28 Dawid was oud toe hy gesterf het. Hy het lank gelewe, hy was ryk, en mense het hom gerespekteer. Sy seun Salomo het ná hom koning geword.
29 Die geskiedenis van koning Dawid, van die begin tot die einde, is geskryf in die Geskiedenis van die siener Samuel en in die Geskiedenis van die profeet Natan en in die Geskiedenis van die siener Gad.