44-47 Links langs hulle het Etan seun van Kisi gestaan. Hy was van die nageslag van Merari, en sy voorvaders was Levi, Merari, Musi, Magli, Semer, Amsi, Gilkija, Amasja, Gasabja, Malluk en Abdi.
48 Die ander Leviete moes die ander werk doen by die tempel van God.
49 Aäron en sy seuns moes die hoog-gewyde werk doen, hulle moes die offers aan die brand steek op die brandoffer-altaar en op die wierook-altaar. Hulle moes versoening doen vir die sondes van die Israeliete. Moses die dienaar van God het gesê wat hulle alles moet doen.
50 Hier is die name van die priesters van die nageslag van Aäron: Eleasar, Pinehas, Abisua,
51 Bukki, Ussi, Seragja,
52 Merajot, Amarja, Agitub,
53 Sadok en Agimaäs.