50 Hier is die name van die priesters van die nageslag van Aäron: Eleasar, Pinehas, Abisua,
51 Bukki, Ussi, Seragja,
52 Merajot, Amarja, Agitub,
53 Sadok en Agimaäs.
54 Hier is nou ook die name van die plekke waar die Leviete kon woon. Hulle het hulle eie plekke gekry om te woon. Die families van die nageslag van Kehat seun van Aäron het eerste hulle plekke gekry.
55 Die Juda-stam het vir hulle die stad Hebron gegee, en ook die weiveld rondom die stad.
56 Maar die stam het vir Kaleb seun van Jefunne die grond buite die stad gegee, hy kon daar ploeg en plant. Hulle het ook die muur rondom die grond vir hom gegee.