57 Die Juda-stam het vir die nageslag van Aäron die asielstad Hebron gegee en ook die stede Libna, Jattir, Estemoa,
58 Giles, Debir,
59 Asan en Bet-Semes. Hulle het ook die weiveld gekry wat rondom die stede was.
60 Die Benjamin-stam het vir die Leviete die stede Geba, Alemet en Anatot gegee. Hierdie Leviete-families het almal saam 13 stede gekry.
61 Die ander families van die nageslag van Kehat het tien stede gekry, dit was waar die halwe Manasse-stam gewoon het.
62 Die families van die nageslag van Gersom het 13 stede gekry van die stamme Issaskar, Aser en Naftali en van die Manasse-stam wat in Basan gewoon het.
63 Die families van die nageslag van Merari het twaalf stede gekry van die stamme Ruben, Gad en Sebulon.