1 Issaskar het vier seuns gehad: Tola, Puwwa, Jasub en Simron.
2 Die seuns van Tola was Ussi, Refaja, Jeriël, Jagmai, Jibsam en Samuel. Hulle was die hoofde van die Tola-families en hulle was belangrike manne. In die tyd toe Dawid regeer het, was daar 22 600 afstammelinge van Tola.
3 Ussi het een seun Jisragja gehad, en die seuns van Jisragja was Mikael, Obadja, Joël en Jissija. Hierdie vyf seuns was almal familiehoofde.
4 Die mans in hierdie families het baie vroue en kinders gehad. Daarom kon 36 000 manne van die nageslag van Ussi soldate word.
5 Die ander manne van die nageslag van Issaskar was ook belangrike manne. Hulle was 87 000 manne, en hulle name is geskryf in die naamlys van die Issaskar-stam.